HAAL ASEM IN DIE KAAP
Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch vanaf 17 tot 19 Augustus 2026.
Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al die vertonings van die dag
vir die prys van een.
Lees die program hier vir meer besonderhede. Die program is onderhewig aan veranderinge.
Meer oor ATKV-Tjokkertoneel
Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneel-ontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.