ATKV-TIENERTONEEL WES-KAAP-STREEKSFEES 2 EN ATKV-SÊR

ATKV-TIENERTONEEL WES-KAAP-STREEKSFEES 2 EN ATKV-SÊR

ATKV-TIENERTONEEL WES-KAAP-STREEKSFEES 2 EN ATKV-SÊR

25 - 29 August 2026

About

HAAL ASEM IN DIE KAAP

Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch vanaf 25 tot 29 Augustus 2026.

Koop 'n dagpaskaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van
een.
Streeksfees-dagprogram (Dinsdag tot Vrydag)
Raadpleeg asseblief die program
10:20 - Vertoning 1
12:00 - Vertoning 2
14:10 - Vertoning 3
15:50 - Vertoning 4
17:30 - Vertoning 5
19:40 - Vertoning 6

Lees die program hier vir meer besonderhede.
Die program is onderhewig aan veranderinge.

Die streeksfeesfinaal vind saam met ATKV-Sêr op Saterdag 29 Augustus om 16:30 plaas.
Die streeksfeesfinaliste word op Vrydagaand, 28 Augustus na 22:00 op die
ATKV se sosiale media bladsye aangekondig.

Meer oor ATKV-Tienertoneel

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en
kweek al vir twee-en-sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans,
toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.

Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!

Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

Meer oor ATKV-Sêr
Die ATKV het sy eerste nasionale sêrkompetisie vir studente in 1997 aangebied en dit het tyd geword om die stokkie oor te gee aan ons kreatiewe tieners om met hierdie gemaklike uitvoerende kunstemedium te eksperimenteer. ATKV-Sêr vir hoërskoolleerders is ’n a capella kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling.

More Info

Venue

The Pam Golding Theatre at The Baxter   Location on Google Maps

Social


January 2027

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 
 
 
 
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…