HAAL ASEM IN DIE KAAP
Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch vanaf 20 tot 22 Augustus 2026.
Koop 'n dagpaskaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van
een.
Streeksfees-dagprogram (Donderdag en Vrydag)
Raadpleeg asseblief die program
10:20 - Vertoning 1
12:00 - Vertoning 2
14:10 - Vertoning 3
15:50 - Vertoning 4
17:30 - Vertoning 5
19:40 - Vertoning 6
Lees die program hier vir meer besonderhede.
Die program is onderhewig aan veranderinge.
Die streeksfeesfinaal vind op Saterdag 22 Augustus om 16:30 plaas.
Die streeksfeesfinaliste word op Vrydagaand, 21 Augustus na 22:00 op die
ATKV se sosiale media bladsye aangekondig.
Meer oor ATKV-Tienertoneel
Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir twee-en-sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.