Boek en Koek met Antjie Krog, Marita van der Vyver en Erns Grundling

Boek en Koek met Antjie Krog, Marita van der Vyver en Erns Grundling

Boek en Koek met Antjie Krog, Marita van der Vyver en Erns Grundling

12 Sep 2026 09:30

About

KOM REIS SAAM ...
Boek en Koek is vanjaar terug met drie ikoniese skrywers én soet verleiding al die pad uit ’n boetiekbakkery in Robertson!

Die veelbekroonde Antjie Krog open die fees voor die aanvang van Boek en Koek met iets wat vir haar een van die lekkerste dinge in haar lewe is: Sy gaan voorlees uit haar kleuterverseboek Spienekelienkies wat tans almal aan die praat het. Sy neem lesers op ’n nostalgiese reis van bekende kleuterryme uit hul kinderdae en karakters soos Klaas Vakie, Antjie Somers en Toemaar die Donkerman. En natuurlik is daar heelwat nuwe versies uit haar pen.

Daarna neem almal se gunstelingskrywer Marita van der Vyver en die gewilde skrywer en TV-vervaardiger Erns Grundling ons op ’n reis van hul ervaringe wêreldwyd. Marita is spesiaal hier uit Frankryk om op te tree in Welgemoed waar sy as kind grootgeword het.

Erns het destyds in die TV-reeks ‘Elders: Frankryk’ (2023) met Marita in Frankryk gesels en hulle begin met Franse herinneringe. Erns vra Marita uit oor haar laaste boek My jaar van vrees en vryheid. Sy en haar man het ’n gap year gevat en na hul aftrede drie maande in Europa, drie maande in Amerika en drie maande in Suid-Afrika gereis. Erns kan ook nie wag om met Marita oor sprokies te praat nie, want hy het grootgeword met haar Afrikaanse verwerking van die Grimm-sprokies. Marita gesels ook met Erns oor sy reise en pelgrimstogte op verskeie kontinente en sy Camino-boek, Elders.

Venue

NG Kerk Welgemoed, Diaz Street, Welgemoed, Cape Town, South Africa   Location on Google Maps

Boek en Koek met Antjie Krog, Marita van der Vyver en Erns Grundling

Boek en Koek 12 Sep 2026 09:30

R80 - R180

 More Info

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…