Die Welgemoed Kunstefees neem jou September vanjaar op ’n reis deur die kunste. Dis die enigste van sy soort in Kaapstad se Noordelike Voorstede en word vir die vyfde keer deur die Welgemoed NG Kerk aangebied. Met 'n goeie balans tussen teater, musiek, kuns, kos, boeke en meer, word iets vir almal, jonk en oud, aangebied. Dit is 'n geleentheid vir mense van die Noordelike Voorstede en omliggende gebiede om bymekaar te kom, te sosialiseer en hul liefde vir die kunste te deel. Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly.