’n Skryfwerkswinkel aangebied deur Elsa Winckler.
Hoekom wil jy skryf? Waar begin mens? Elsa gesels met jou oor die struktuur van ’n storie; die ontwikkeling van karakters; oor doelwit, motivering, konflik en dialoog.
Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit die hand van ons area se talentvolste kunstenaars.