’n Paneel bespreek die ingrype wat kan plaasvind by vroue wat in nood verkeer en dikwels die slagoffers van gesinsgeweld is. Die paneel sluit die volgende kenners in: die ondersoekende joernalis en skrywer Erla-Marié Diederichs; Adri Klint (in beheer van Huis Jabes, ’n veilige skuilplek vir vroue en kinders van huishoudelike geweld); ’n Huis Jabes-inwoner; Dr. Azelle Mayne ’n psigiater met ’n passie vir vroue in krisis; asook Letsie de Beer van Anchored Lives wat vroue leer om hulle unieke skoonheid en krag weer terug te vind.
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit die hand van ons area se talentvolste kunstenaars.