Kom Luister en Leef: ’n Boekgesprek met Rachelle Fourie en Kara du Toit

Kom Luister en Leef: ’n Boekgesprek met Rachelle Fourie en Kara du Toit

Kom Luister en Leef: ’n Boekgesprek met Rachelle Fourie en Kara du Toit

21 Sep 2026 16:00

About

Rachelle Fourie het bekendheid verwerf as een van die finaliste wat in ‘Op my eish’ om Brendan Peyper se hart meegeding het. Sy vlieg spesiaal in van Johannesburg om met ons oor haar pasverskene boek te kom praat.

In haar vroeë twintigs moes Rachelle ’n hartoperasie ondergaan nadat sy onverwags met ’n atriale septumdefek gediagnoseer is, en dit was slegs een van die vele uitdagings op haar lewenspad. In My hart klop so vertel sy meer oor hierdie kwesbare oomblikke wat haar gebreek, genees en nader aan God gebring het.

Deesdae deel sy haar lewens- en geloofservaring as ’n gewilde motiveringspreker en rolmodel vir meisies en vroue. Sy is ook die gasheer van haar eie potgooi met dieselfde titel.

Die onderhoudvoerder is nog ’n bekende en nuut in die gemeente – Kara du Toit. Kara is Dr. Maya Gosslin van ‘Binnelanders’-faam.

Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit die hand van ons area se talentvolste kunstenaars.

Venue

NG Kerk Welgemoed, Diaz Street, Welgemoed, Cape Town, South Africa   Location on Google Maps

Kom Luister en Leef: ’n Boekgesprek met Rachelle Fourie en Kara du Toit

Kom Luister en Leef: ’n Boekgesprek met Rachelle Fourie 21 Sep 2026 16:00

R0 (Free Event)

 More Info

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…