Bernita Kukkuk-Faurie, ’n plaaslike kunstenaar, help jou om jou eie kunswerk te skep.
Bernita bied ’n Matisse-geïnspireerde kunswerkswinkel aan waartydens gespeel word met kleur, afdrukke en papier om veral Matisse se latere werke na te volg.
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit die hand van ons area se talentvolste kunstenaars.
(www.bkfstudioart.com)