KOM SAAM OP ’N MUSIKALE REIS NA PARYS ...
Jacobi de Villiers is immergewild in Welgemoed. Met ‘Poskaarte uit Parys’ neem sy ons op ’n reis deur die agterstrate van Parys en help sy ons om poskaarte te skryf vir ons geliefdes. Met Parys as doek en Franse chansons as die kwas, skilder hierdie mezzosopraan ’n meesleurende kunswerk. Frans en Afrikaans trou en skep drie liefdesverhale geskryf deur Jani Greeff wat raak, roer en herinner aan hoe regte mense liefhet. Verwag musiek van Edith Piaf, Frida Boccara en Kurt Weill.
As entrée word jy aangemoedig om jou je ne sais quoi en jou Franse flair te ontwikkel. Jy word geïnspireer om jou huis mooi te maak in 2026 deur ’n aanbieding oor Binnenshuise Versiering (Double EE Design) en Home Staging (Louw & Coetzee).
Pour le dessert: ’n Koopreis van unieke ingevoerde sakpasjuwele deur TERCIANY waar jy iets anders as die alledaagse sal sien, splinternuut ingevoer van eksotiese lande soos Spanje en Italië (terciany.co.za).
Ingesluit by jou kaartjie is ’n kaasbord en glas wyn. Jy het ook ’n laaste geleentheid om die plaaslike kuns teen die mure te bewonder en aan te koop.