Kobus Wiese en sy paneel rugbykenners – groot rugbylegendes van die verlede wat betrokke was by die berugte 1981-meelbomtoets in Nieu-Seeland – bespreek teen hierdie agtergrond die ‘Rugby Greatest Rivalry’-reeks. Verwag om oud-Springbokke Divan Serfontein, Danie Gerber en Hennie Bekker daar raak te loop. Hulle kyk ook na nuwe tendense in Sprinbokrugby vs “die goeie ou dae” en Suid-Afrika se kanse in volgende jaar se Wêreldbeker.
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste plaaslike kuns te koop.