’n Paneel kenners verskaf waardevolle inligting oor aftrede: finansiële beplanning, boedelbeplanning en testamente, keuses tussen aftree-oorde of tuisversorging & die emosionele impak van aftrede. Die paneel sluit in: Yolandi Hortnagel (’n trustreg, eiendoms- en boedelprokureur) Heinrich Warnich (’n finansiële kenner en predikant), Louise Spies (’n maatskaplike werkster) en Pieter de Swardt (’n eiendomsbemarker met kennis van verskeie aftree-oorde).
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit ons buurt.