Kinderfees: Kinderteater en -kermis

Kinderfees: Kinderteater en -kermis

Kinderfees: Kinderteater en -kermis

19 Sep 2026 09:00

About

KINDERS WORD GENOOI OM TE KOM SAAMREIS ...

Bring die kinders en kom geniet ’n onvergeetlike dag by die Laerskool Welgemoed van 09:00 tot 14:00.

Om 9:00 neem die geliefde skrywer en kunstenaar Helene Booyens die kinders op ’n kreatiewe avontuur met haar Jorsie die Worsie-reeks en leer hulle hoe om oulike hondjies te teken.

Om 9:50 wys die kunstenaar, Tanya Nell, leerders hoe om bloudruk (Cyanotype) te doen. Elke kind skep sy eie unieke bloudruk-kunswerk. Hierdie gewilde werkswinkel kos slegs R50 en jy neem jou meesterstuk huis toe. Kinders en grootmense is welkom.

Om 11:00 Pappas kan na die volgende praatjie in die Blessienes kom luister: Kan mens Chinese motors vertrou? Agterna kan almal na die versameling Chinese motors gaan kyk.

Om 11:00 vind die Kinderteater in die skoolsaal plaas. Laerskool Welgemoed bied aan: ‘'n Fantastiese Storie(R100). Wanneer ’n skrywer sonder inspirasie sit - moet sy vinnig op haar voete dink! Terwyl sy probeer om ’n storie op die ingewing van die oomblik te skep, raak dinge al hoe meer buite beheer. Kleurvolle karakters duik onverwags op en ’n misterieuse wind sorg vir nóg groter verwarring. Sal sy daarin slaag om haar storie betyds bymekaar te hou?

Die produksie word aangebied deur Laerskool Welgemoed met 'n oorspronklike teks en spelleiding deur Jani Greeff. Die rolverdeling bestaan uit 19 talentvolle Graad 4- en 5-leerders en vorm deel van die skool se toneelontwikkelingsprojek. Kom geniet hierdie kleurvolle produksie DEUR kinders VIR kinders - en natuurlik is die hele familie welkom!

Die kermis is vanaf 9:00-10:45 en weer vanaf 12:00-14:00. Daar is hope vermaak met kermisspeletjies, gesigverf, boeresport en entrepreneurstalletjies. Inligting hieroor sal by die skool bekend gemaak word. Hier is talle pryse op die stel vir die volgende:
- die vriendelikste stalletjie,
- die mooiste stalletjie,
- die groenste stalletjie,
- die gesondste stalletjie en
- die mees-uit-die-boks-stalletjie.

Geen kermis is volledig sonder lekker eetgoed nie. Behalwe die stalletjies sal daar ook kostrokke wees met iets vir elkeen se smaak terwyl die gesin die dag saam geniet.

Venue

Laerskool Welgemoed   Location on Google Maps

Kinderfees: Kinderteater en -kermis

Kinderfees: Kinderteater en -kermis 19 Sep 2026 09:00

R50 - R100

 More Info

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…