Prof. Tinus Kruger is ’n wêreldkenner op die gebied van infertiliteit. Hy is ook ’n trotse Welgemoed-inwoner. Hy kom praat oor die nuutste in fertiliteitsbehandeling.
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit die hand van ons area se talentvolste kunstenaars.